EGK
Centurion / Ebenhaéser gemeente
– So sê die Here –
DIENSTYE:
SONDAE: 09:00 EN 17:00
WOENSDAE (BIDUUR): 19:00
DINSDAE (Bybelstudie vir Jongmense): 19:00
GEMEENTE NUUS
WelKOM
Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is ’n lewenskragtige evangeliese kerk wat op ’n Gereformeerde grondslag berus. Die Kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk, op grond van Gods Woord bely, is Evangelies-Gereformeerd en dit word uitgedruk in sy evangeliese belydenis en ook die Gereformeerde belydenisskrifte, naamlik die drie formuliere van Enigheid en die Evangeliese Belydenis.
wat verkondig ons:
1
verlossing & redding
Die verlossing en redding van verlore sondaars (Efes. 1:7) en dat ’n mens in hierdie lewe sekerheid van saligheid kan bekom.
(1 Joh. 5:13)
2
Vervulling met die heilige gees
Die vervulling met die Heilige Gees (Efes. 5:18) en die noodsaaklikheid van heiligmaking wat die wil van God is vir sy kinders (1 Thes. 4:7,8)
3
die wederkoms
Die persoonlike wederkoms van Jesus Christus voor die duisendjarige vrederyk.
(1 Thes. 4:16,17 ; Open. 19:20)
4
goddelike genesing
Die genesing van die kranke liggaam, wat impliseer dat God vandag nog siekes genees op grond van die versoening van Jesus Christus. (Matt. 8:17,18)
BOODSKAPPE
Vir ’n groter verskeidenheid van boodskappe, besoek gerus WebWoord.
Centurion-gemeente se vorige preke is hier.
Ons hanteer tans die boeke van Psalm en 1 Korinthiërs in ons Biduur geleenthede. Kliek gerus hier vir meer inligting.
10 Augustus 2026: Ds Pierre Louw
2 Augustus 2026: Ds Pierre Louw
10 Augustus 2026: Ds Gerrie van Dalen
2 Augustus 2026: Ds Pierre Louw
![]()
Afkondigings
![]()
Verjaarsdae
![]()
Voorbidding
![]()
Komende
Aktiwiteite
![]()
Barmhartigheid
![]()
Hemelbrood
bediening
Gedagte vir die week:
Moenie ophou bid nie, op die regte tyd is die uitkoms daar…
Glo dit!
Ewan van der Spuy – 9 Augustus
Rudi Pretorius – 10 Augustus
Ronnie Butcher – 13 Augustus
Retha Smith – 13 Augustus
Siekes: George Sequiera, Wilma en Nick Claassen, Ellen Mellet, Hans de Wet, Wilna Myburgh, Annalie Jacobs, Willem Smit, Charmaine du Preez en Martin Oosthuizen.
Evangelisasie aksies: “Die ou, ou Tyding 2023!”, Aksie 1.8, Jews for Jesus, Geopende Deure, Transwêreldradio, Die Gideons, Nehemia Aksie, AEB, Sending Sonder Grense, Bybelgenootskap.
Sending predikers: di. Jannie Coetzer, Johan Boshoff, Phillip Jacobus, Ds Andries en Sunette Schwartz, Broer Paul Kuhn.
Werksaamhede van die gemeente: Kerkraad, CVV, CJV, Evangelisasie, Sangkommisie, Sending, Silwerjeug, Sondagskool en Graaff-Reinet gemeente, redding van siele en barmhartigheidswerk.
Ander: Die EG Kerk nasionaal, predikante, die Kweekskool en studente, asook Ds Johnnie Gates, die Kerkkantoor en personeel.
Laat ons die aangesig van die Here soek vir herlewing in ons eie lewens, die Gemeente, die Kerk, SA en die wêreld.
11 Aug – Senior Jeug Bybelstudie om 19:00
12 Aug – Gemeentelike biduur om 19:00
13 Aug – Noordelike Ring Predikante biduur
CJV Speletjies aand
23 Aug – Nagmaal tydens die oggenddiens
28 Aug – Die SJA bak weer heerlike pannekoek – ondersteun ons asb en bestel by Marthie.
Neem asb deel aan die CVV se “LaatLenteLekkerte” op 12 September 2026! 'n Dag vol pret, vermaak en samesyn rondom heerlike kos! Eer die Here deur jou talente te deel met ons – kontak Dalene of Jana.
Die kostes vir die dag is as volg:
0-3 jaar: Gratis;
4-11 jaar: R80
12-69 jaar: R180;
70+ jaar: R150.
Voltooi die vorm op skakel: https://tinyurl.com/5a42urux
of bespreek by Dalene/Jana/CVV bestuur..
Die volgende kerkraadslede kan gekontak word in verband met barmhartigheid:
Diaken: Ruan Bester – 071 130 8550, bester03@gmail.com
Ouderling: Jaco de Bruin – 082 920 5949, jaco@debruin.co.za
Enige navrae en versoeke kan aan hierdie persone gerig word en dit sal met die grootste moontlike vertroulikheid hanteer word. U wyksouderling kan U ook help sou U dit verkies.
Handelinge 6 :1 – 7
Alle dienste word opgeneem en kan bestel word by die klankkamer na die diens.
Alle dienste word ook lewendig via die internet uitgesaai: http://www.webwoord.co.za
Volg die stappe op die skerm om in te skakel tydens diens tye.
Daar is ook ’n toepassing vir selfone beskikbaar op IOS App store en Android Playstore, sleutel die soekterm "Webwoord" in en installeer op u foon om baie maklik te kan inskakel op die dienste.
lidmaat en besoeker inligting
Ons streef daarna om ons registers op datum te hou. Kliek asb. hier om die vorm te voltooi sodat ons u nuutste inligting op rekord het. Ons huidige wyksindeling is hier beskikbaar
Offergawe
Dank aan elkeen vir u getroue bydraes.
Vir direkte EFT inbetalings:
ABSA BANK (CENTURION)
Evangelies-Gereformeerde Kerk
Rekening nommer: 101 850 3596
Tak kode (Universiële kode): 632 005
© EGK Centurion 2026