Aankondigings
Kliek asb. hier vir belangrike inligting rakende Covid-19 in Suid-Afrika.
Geliefdes in die Here
Ons elkeen word gekonfronteer met 'n lewensbedreigende situasie, 'n onbekende virus, wat wêreldwyd verwoesting saai.
Elkeen van ons het binne hierdie situasie verantwoordelikhede:
1. Vertrou op God – Ps 9:11
2.Tree ten alle tye verantwoordelik op – I Petrus 1:6-9
3. Bid vir mekaar: Jak 5:16
reëlings tydens covid-19 grendeltyd
Ons wil u seën en sterkte toewens vir die grendeltyd wat voorlê – mag ons elkeen in hierdie tyd die gesindheid van Jesus openbaar te midde van beproewinge.
1. Ek is steeds aan diens en WIL op hoogte wees van u elkeen se welstand. Kontak my asb ingeval van siekte, dood en enige nood. As leraar kan ek dalk makliker as u rondbeweeg.
2. Alle eredienste en bidure sal in die kerk wees en ook via Webwoord lewendig uitgesaai word. Skakel gerus in op Sondae om 09:00 en 18:30. Woensdagaande om 19:00.
3. Laat ons elkeen getrou bly aan die Here vriende – óók in ons offergawes. Laat ons ook mekaar onderling steun dmv bemoediging en aanmoediging.
Ons bid u God se genade en Sy liefde toe.
Ds Gerrie en Dalene
© EGK Centurion • Mei 2021